Verkope van voertuie vertoon goed teenoor 2024October 17, 2025

Vergeleke met verlede jaar het voertuig verkope skerp gestyg met 1 303 nuwe voertuie in September verkoop, amper 32 persent meer as in 2024. IJG Securities sê vir die jaar tot dusver is 10 853 voertuie verkoop, waarvan 5 121 passasiersvoertuie, 5 022 ligte kommersiële voertuie en 710 medium- en swaar kommersiële voertuie is. Op ‘n 12-maand kumulatiewe basis het die totale nuwe voertuigverkope teen September 2025 op 14 191 eenhede gestaan. Dit verteenwoordig ‘n toename van 15,2 persent teenoor die 12 317 eenhede wat in dieselfde tydperk ‘n jaar gelede verkoop is.