Nóg renteverligting vanjaar verwagOctober 19, 2025
Die Bank van Namibië sal waarskynlik teen jaareinde nóg ‘n rentekoersverlaging aankondig, sê FNB Namibia-ekonoom Helena Mboti. Sy verwag die sentrale bank sal die repokoers weer met 25 basispunte sny, selfs al hou die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy koers onveranderd. Die BoN het vroeër vandeesweek die mark verras deur die repokoers met ‘n kwart basispunt to 6,5 persent te verlaag.