Aanklaer by Ondangwa-laerhof geskiet, met suur gegooiOctober 20, 2025

‘n Dertigjarige vrou, Justine Shiweda, ‘n aanklaer by die landdroshof op Ondangwa, is Vrydagoggend deur twee onbekende mans met balaklavas aangeval. Hulle het ‘n ruit in haar motor uitgeslaan en haar daarna drie keer met ‘n pistool in haar dy geskiet, voor haar kinders. Daarna het verdagtes suur oor  haar en die hele binnekant van die motor gegooi. Niks is gesteel nie.  Shiweda is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die verdagtes is nog op vrye voet. Verlede week is kommer oor haar veiligheid geopper deur landdroste by die hof.