Erongo-polisie behaal sukses na bakkie-roofOctober 20, 2025

Die polisie op Walvisbaai het groot sukses behaal nadat daar in ‘n toeris se gehuurde bakkie op die dorp ingebreek is. Die voorval is op kringtelevisie vasgevang en is wyd op sosiale media gedeel. Toerusting ter waarde van 91 000 Namibiese dollar is gesteel. Die verdagtes is bekend aan die mag maar is nog op vrye voet. Intussen het die polisie die voertuig wat in die roof gebruik is opgespoor by ‘n huis op die dorp. Daar het die mag goedere gevind van ‘n vorige roof op 13 Oktober, waar ‘n bejaarde vrou in haar huis aangeval is. Die motor is ook verbind met daardie roof. Die eienaar van die huis is gearresteer en sal in die hof verskyn.