GRN-aanstellings: Daar’s ander maniere om geld te spaarOctober 20, 2025
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag ‘n moratorium ingestel op die werwing van nuwe personeel in alle ministeries, kantore en agentskappe tot 31 Maart 2026. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidsdeskundige Herbert Jauch gepraat.