Laaste kans vir Namibië vir Rugby Wêreldbeker 2027October 20, 2025
Namibië, België, Samoa en Paraguay is vir die finale kwalifiseringstoernooi vir die Rugby Wêreldbeker 2027 in Australië bevestig. Paraguay het Saterdag Brasilië geklop om hul plek in die finale kwalifiseringstoernooi te bespreek. Namibië, België en Samoa het uit streekskompetisies gekwalifiseer. Die toernooi sal van 8 tot 18 November in Dubai plaasvind, en is die laaste geleentheid vir spanne om vir die uitgebreide 24-span mans Rugby Wêreldbeker te kwalifiseer. Die toernooi sal ‘n rondomtalie-formaat volg, waar elke span een keer teen die ander te staan sal kom. Die span wat ná die drie rondes boaan die puntelys eindig, sal die 24ste en laaste plek by Australië 2027 inpalm.