Reuse-dwelmvonds by Ariamsvlei October 20, 2025

Daar word berig dat Ariamsvlei-grensbeamptes in die vroeë oggendure van Sondag ‘n reuse-dwelmvonds gemaak het onder die bruggie by die grens. Beamptes het vreemde spore gevind en dit gevolg wat tot die dwelmvonds gelei het. Drie groot bagasie-sakke met 60,5 kilogram dagga en 4 073 Mandrax-tablette is gevind. Die mag sê die waarde word geraam op net meer as 3,5 miljoen Namibiese dollar. Daar is geen verdagtes nie.