Seekoei dood man op Katima MuliloOctober 20, 2025

‘n Namibiese man is Saterdagoggend vermoedelik deur ‘n seekoei by die Protea Hotel op Katima Mulilo aangeval en het aan sy wonde beswyk. Sy liggaam is omstreeks 06:00 deur ‘n veiligheidswag op die hotelperseel gevind. Duidelike spore van ‘n seekoei is gevind en die slagoffer het bytmerke op sy maag, been en kop gehad.