Boulter misluk in hoogste hof, sal vir moord verhoor wordOctober 21, 2025

Die omstrede Britse miljardêr, Harvey Boulter, se appèl het in die hooggeregshof misluk. Hy het die hof genader om sy vervolging ter syde te stel na die hoërhof die aansoek van die hand gewys het. Regters Dave Smuts, Theo Frank, en Rita Makarau, het dit ook van die hand gewys. Hy beweer dat daar geen bewyse is dat hy sy plaaswerker, Gerhard van Wyk, op 27 Februarie 2021 met opset geskiet het nie. Hy het aangevoer die skoot het afgegaan midde ’n bakleiery terwyl Van Wyk  probeer het om die 9 mm-pistool by hom af te vat. Volgens die hof is daar duidelike konflikte in die feite wat slegs deur mondelingse getuienis in die hof opgelos kan word.