Engeland buit Nieu-Seeland se swak veldwerk uitOctober 21, 2025
Engeland het Nieu-Seeland se swak veldwerk uitgebuit om die tweede T20 in Christchurch met 65 lopies te wen nadat die openingswedstryd uitgereën het. Die besoekers het ‘n reuse-totaal van 236 vir vier aangeteken nadat die Swartpette die loot gewen en Engeland ingestuur het om te kolf. Aanvangskolwer Phil Salt, met 85, en Engeland se kaptein, Harry Brook, met 78, het die boulers behoorlik gestraf. Engeland se draaibouler, Adil Rashid, het daarna vier paaltjies geneem en Nieu-Seeland is uitgeboul vir 171.