Franse polisie moet woeker om Louvre-diewe vas te trek October 21, 2025

Die polisie is in ‘n wedloop teen tyd om goedere te herwin wat tydens ‘n gewaagde rooftog by die wêreldbekende Louvre-museum in Parys gesteel is. ‘n Kuns-speurder het aan Sky News gesê die rooftog is die diefstal van die dekade. Hy sê die polisie moet die skuldiges binne ‘n week vastrek om die kosbare Kroonjuwele te herwin. Agt voorwerpe is gesteel met ‘n negende item wat op die toneel herwin is. Die gesteelde juweliersware sluit in oorbelle, halssnoere, tiara’s en ‘n borsspeld uit stelle wat aan koningin Marie-Amelie, koningin Hortense, keiserin Marie, en keiserin Eugenie behoort het.