Gevalle van M-pokke styg tot 44October 21, 2025
Die woordvoerder van die gesondheidsministerie, Walters Kamaya, het bevestig dat daar 44 gevalle van M-pokke in Walvisbaai en Swakopmund bevestig is. Nampa berig van die gevalle is vyf as hoë risiko geklassifiseer, drie as medium risiko en 21 as lae risiko. Vyftien gevalle moet nog geklassifiseer word. Dit kom na die eerste bevestiging van die siekte wat Sondag aangekondig is. Dit was bevestig as ‘n reisverwante geval.