Ondangwa-ongeluk eis 8October 21, 2025

‘n Gru-ongeluk van voor tussen ‘n Iveco-bus en vragmotor net buite Ondangwa het tot die dood van agt mense gelei. Die streekskoördineerder vir misdade en ondersoeke, adjunkkommissaris Titus Ekandjo, sê die polisie sal vandag die name van die oorledenes vrystel. Ooggetuies sê dat dit voorgekom het asof die vragmotor se remme gefaal het en hy het uitgeswaai vir ‘n motor voor hom wat tot die ongeluk gelei het. Oorlewendes word in die Onandjokwe-hospitaal behandel.