Shafudah lê begroting vandag ter tafelOctober 21, 2025

Die finansministerie het laat Maandagmiddag aangekondig dat die belangrike middeltermyn begroting-hersiening vandag gedoen sal word. Finansminister Ericah Shafudah is geskeduleer om dit om half-drie in die Nasionale Vergadering ter tafel te lê. Volgens die ministerie sal die hersiening alles behels van groei-strategië tot ekonomiese prestasie, maar niks meer is bekend nie. Verlede jaar is die ter-tafel-legging drie keer uitgestel. Die eerste keer was weens voorbereidings vir die algemene verkiesing, en die laaste twee keer omdat daar nie ‘n kworum in die parlement was nie.