SRT sê oor renosterkoei se stroop, mynbouers met strikke en hoofde wat mynbou bevorderOctober 21, 2025

Mynbouaktiwiteite in die Goantagab-gebied, suidoos van Twyfelfontein in die Kunene-streek geleë, hou steeds ‘n ernstige bedreiging vir plaaslike wildlewe in. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust, het gewaarsku dat die risiko van stropery steeds hoog bly, aangesien mynwerkers al gevang is met strikke. Sy kommentaar volg op die onlangse stroop van ‘n swart renosterkoei Dorsland. Uri-Khob het sy kommer gedeel tydens ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy het ook teleurstelling uitgespreek oor die onlangse dreigemente deur die hoof van die Daure Daman Tradisionele Owerheid, Zacharias Seibeb, om Ultimate Safaris en renosters uit sy gemeenskaplike gebied te sit indien die maatskappy voortgaan om mynbou in die gebied teen te staan.