Taxibestuurder aangerand, in arres na vermeende onsedelike aanrandingOctober 21, 2025
Die bestuurder van ‘n groen Mazda Demio-taxi is Maandagmiddag erg aangernd deur gemeenskapslede in Katutura, na hy na bewering ‘n 14-jarige skoolmeisie onwelvoeglik betas het. Volgens die polisie het die meisie die taxi van haar skool in Khomasdal na haar huis in Katutura gevat. Die bestuurder het haar glo gevra hoe oud sy is en of sy ‘n kêrel het. Toe sy “nee” antwoord het hy haar na bewering betas en by haar bestemming haar sy telefoonnommer gegee en gevra sy moet hom kontak. Die huilende meisie het haar ma vertel, wat die taxi-bestuurder gebel het. Hy het teruggegaan na die huis, waar ‘n groep mense hom aangerand het. Die bestuurder is in hegtenis geneem en deur die polisie na ‘n hospitaal geneem vir behandeling na die aanranding. ‘n Saak van onsedelike aanranding is aanhangig gemaak.