DA eis antwoorde oor SANW se boomstomp-sageOctober 22, 2025

Die DA eis antwoorde van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga. Dit volg na berigte dat ʼn vragmotor en hyskraan van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag 1 200 kilometer van Oudtshoorn na Pretoria gery het om boomstompe by generaal-majoor Edward Mulaudzi se privaat woning in Waterkloofrif te verwyder. Chris Hattingh van die DA sê hy soek ʼn volledige uiteensetting van die reis se rekords en koste, en sê dis ʼn duidelike misbruik van staatsfondse.