Dorsland was dragtigOctober 22, 2025

Meer inligting is bekend oor die stropery van Dorsland, die bekende swart renosterkoei oor die naweek. Die polisie sê sy is met ‘n klein kailber wapen geskiet. Sy is Sondag deur veldwagters van die Save the Rhino-trust in die Sorris Sorris-bewarea onder ‘n swart seil gevind. Sy was dragtig. Simson Uri-Khob van die trust het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is groot kommer oor mynwerkers in die streek en sommige is al met strikke betrap.