Fitch verwag SA-inflasieteiken op 3%October 22, 2025

Fitch Ratings sê hy verwag die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal Suid-Afrika se inflasieteiken in volgende maand se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring amptelik tot 3 persent verlaag. Die land se huidige inflasiekoers is tussen 3 en 6 persent. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het in Julie gesê monetêre beleidmakers verkies nou om inflasie op die laagste amptelike teiken vas te stel. Fitch-woordvoerder Thomas Garreau sê hulle hoop die Reserwebank sal ʼn toelating maak vir inflasie en nie rentekoerse verhoog nie.