Galp wil voor einde 2026 vennoot in Mopanie-olieveld kiesOctober 22, 2025
Portugal se Galp Energia is in gevorderde samesprekings met verskeie oliemaatskappye om ‘n 40 persent belang in sy belowende aflandige Mopane-olieveld te koop. Die Mopane-veld het geraamde reserwes van minstens 10 miljard vate en Galp poog om die helfte van sy 80 persent-belang te verkoop aan ‘n maatskappy wat die operateur sal word. Nuno Bastis, ‘n uitvoerende raadslid, sê daar is baie groot belangstelling en Galp verwag om teen die einde van die jaar ‘n vennoot te kies. Hy sê dat Galp ” ‘n vennoot wil hê wat die ontwikkeling van Mopane so vinnig moontlik sal versnel … om die eerste olie te kry”. Die eerste olie word egter nie voor 2031 of 2032 verwag nie, het hy bygevoeg.