Sauma se jaarvergadering afgehandelOctober 22, 2025
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, het verlede week hul jaarlikse vergadering in Aranos gehou. Daar was groot afwagting vir die geleentheid, aangesien daar gemengde boodskappe van die regering kom oor die omstrede uraanontginning deur in-situ loging. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sauma se vise-voorsitter, Wolfi Teichert, vir ‘n opdatering oor die vergadering.