Simbrabul behaal N$650 000 by veilingOctober 22, 2025

’n Nuwe Namibiese rekordprys van 650 000 Namibiese dollar is Dinsdagaand by die Sim Xtravaganza-veiling by die Bank Windhoek Agra-ring in die hoofstad behaal. Dié prestasie behoort aan teler Hardus Breedt en dekende Simbrabul Rumba Kelloggs. Hy was ook onlangs beide by die Grootfontein- en Windhoek Skou bekroon en was ook Grootfontein se Champion of Champions. Rumba Kellogs se nuwe eienaar is Simbrateler Bonnie Nieuwoudt van Bonbenic Simbras in die Summerdown-omgewing.