Tunisiërs protesteer teen fosfaataanlegOctober 22, 2025
Honderde mense het die afgelope twee weke deur die strate van Gabes, ‘n stad in suide van Tunisië, optogte gehou oor wat hulle as ‘n omgewings- en gesondheidskatastrofe beskryf. Dinsdag het kantore en winkels gesluit en duisende werkers het ‘n algemene staking verklaar en die sluiting van ‘n staatsbeheerde fosfaatverwerkingsaanleg geëis wat hulle daarvan beskuldig dat dit giftige gas vrystel. Navorsers het bevind dat sommige van die afval wat deur die fabriek gestort word, radioaktief is en dat dit kanker kan veroorsaak. Teenstand teen die fabriek strek etlike jare terug. Die regering het in 2017 belowe om die aanleg te sluit. Die proteste duur meer as twee weke.