Een uit drie Namibiërs kan binne 30 dae toegang tot geld kryOctober 23, 2025

Ongeveer 30 persent van Namibiese volwassenes maak staat op familie of vriende vir finansiële hulp in ‘n noodgeval, maar driekwart van hulle sê die geld sal baie moeilik wees om te bekom. The Brief berig Leora Klapper, hoofekonoom by die Wêreldbank, sê dat slegs een uit elke drie Namibiese volwassenes binne 30 dae toegang tot bykomende fondse kan kry, wat baie dwing om op familie, vriende of die verkoop van bates staat te maak om onverwagte uitgawes te dek. Maar sy voeg by dat finansiële druk in Namibië verder strek as noodgevalle en dikwels huishoudelike en sakeverantwoordelikhede raak. Klapper sê Namibië het noemenswaardige vordering gemaak met die uitbreiding van finansiële insluiting, met 73 persent van volwassenes wat nou ‘n rekening het maar toegangsverskille onder armer, jonger en landelike volwassenes duur steeds voort.