IOK spreek skerp kritiek teenoor Indonesië uitOctober 23, 2025

Die Internasionale Olimpiese Komitee het Indonesië se weiering om Israelse atlete toe te laat om weens die land se militêre veldtog in Gaza aan die Wêreld-gimnastiekkampioenskap in Jakarta deel te neem, veroordeel. Die IOK sê in sy reaksie alle internasionale sportfederasies sal aangesê word om geen geleenthede of vergaderings in Indonesië aan te bied nie. Die komitee het ook besluit om enige dialoog met Indonesië se Nasionale Olimpiese Komitee oor die aanbieding van die 2030 Jeug-spele en die 2036 Olimpiese Spele te staak.