Louvre se kameras het nie boewe betyds opgespoor nieOctober 23, 2025

Die Louvre se geslotekring-kameras het nie daarin geslaag om inbrekers betyds op te spoor om hul gewaagde roof van sommige van Frankryk se Kroonjuwele te voorkom nie. Die diewe het Sondag by die wêreldbekende Paryse museum ingebreek deur ‘n hyskraan te gebruik om ‘n boonste venster stukkend te slaan, en toe juwele ter waarde van na raming 88 miljoen euro, of 1,8 miljard Namibiese dollar gesteel voordat hulle op bromponies ontsnap het. Laurence des Cars, die Louvre-direkteur, het aan senatore gesê dat sy haar bedanking aangebied het, maar dit is geweier. Owerhede loop lelik deur as gevolg van die sekuriteitsbreuk.