Namdia-verdagtes weer in die hof vandagOctober 23, 2025

Joel Angula en Sam Shololo, twee van die beskuldigdes in verband met die noodlottige Namdia-rooftog op 18 Januarie, sal na verwagting weer vanoggend in die Windhoek-landdroshof verskyn. Dit kom na hulle verskyning op 4 Augustus. Die staat het toe aan die hof gesê dat sommige getuieverklarings nog uitstaande is en dat ondersoeke steeds aan die gang is. Beide is steeds in aanhouding. Hulle word ook van moord aangekla na die dood van die 58-jarige Francis Eiseb, sekuriteitsbeampte by Namdia.