NamWater weerlê aantygings oor watergehalte by skoleOctober 23, 2025

NamWater het onlangse berigte van kinders wat by skole siek geword het en die blaam op die waterskaffer geplaas het, weerlê. Hy het saam met belanghebbendes inspeksies by die betrokke skole gedoen, en die !Oe#Gab Laerskool in die Erongo-streek se swak waterkwaliteit is te wyte aan ‘n kontrakteur wat tydens bouwerk ‘n interne waterpyp beskadig het. Dit is ook onwaar dat die skool vir jare nie water gehad het nie en leerders dus hulself in die veld moes verlig, want die kontrakteur het bestaande toilette afgebreek. By die Maria Mwengere Sekondêre Skool in Kavango-Oos is gevind dat die watertenks nie onderhou is nie, met plant-agtige afval binne die tenks. Daar was ook te veel chloor in die water, waarskynlik omdat dit in die tenks gegooi is na die voorval. In albei gevalle was die waterkwaliteit goed en niemand anders in die omliggende omgewings het siek geword nie.