Dorsland se kalfie dood gevindOctober 24, 2025

Daar is ‘n tragiese verwikkeling na die stropery van Dorsland, die bekende swart renosterkoei wat dragtig was, in die Sorris Sorris-bewarea. Sy het ‘n kalfie gehad wat weg was na haar dood, en ‘n soektog is op tou gesit. Die kalfie se oorskot is gevind. Simson Uri-Khob van die Save the Rhino Trust gee meer inligting.