ECN soek weer voertuie, toerustingOctober 24, 2025

Die Namibiese Verkiesingskommissie het ‘n kennisgewing uitgereik vir die publiek om hulle privaatvoertuie aan die kommissie te verskaf tydens die opkomende plaaslike owerheidsverkiesings. Die kommissie soek ook kragopwekkers, tafels en stoele, tente, ligte, elektriese toerusting en mobiele toilette. Die kommissie sê dit is van toepassing op al 14 streke. Die kommissie benut tydens elke verkiesing voertuie en toerusting van die publiek.