Indonesië verdedig sy besluit oor Israeliese visumsOctober 24, 2025

Indonesië sê sy besluit om Israeliese atlete van die wêreldkampioenskap in Jakarta te verbied, is geneem om openbare orde, veiligheid en die openbare belang te handhaaf. Die Israeliese atlete is visums geweier weens die oorlog in Gaza. Die Internasionale Olimpiese Komitee het daarna alle internasionale sportfederasies aangemoedig het om geen byeenkomste in die Asiatiese land met die wêreld se grootste Moslem-meerderheid, aan te bied nie. Indonesië se minister van Sport, Erick Thohir, sê die besluit is gebaseer op die land se grondwet en sy verpligting om wêreldorde te handhaaf.