Jan-Hendrik sal 9 wedstryde uitsitOctober 24, 2025

Die Bulle- en Springbok-haker Jan-Hendrik Wessels is vir nege wedstryde verbied, wat voortspruit uit ‘n voorval tydens ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen Connacht verlede naweek. In die wedstryd het Connacht-flank Josh Murphy Wessels twee keer in ‘n losskrum geslaan en die Bulle-speler later daarvan beskuldig dat hy hom tussen die bene gegryp het. ‘n Tugkomitee het die 24-jarige skuldig bevind aan vuilspel. Die Bulle het die reg om te appelleer. Wessels sal die Bokke se toer van Europa volgende maand misloop, waar hulle teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis te staan kom.