Plaasbesoek vir waardasierolOctober 24, 2025
Die landbouministerie het weer begin met plaasbesoeke as deel van die voorbereiding vir die nuwe voorlopige waardasierol. Hierdie besoeke word uitgevoer om die grondbelasting op kommersiële landbougrond akkuraat te kan bepaal. Inspeksies fokus op plase wat tussen Maart 2021 en Maart 2025 verkoop of oorgedra is. Amptenare sal inligting insamel oor verbeteringe en infrastruktuur op die plase, insluitend geboue, boorgate en damme, windpompe en sonpanele, enjins, hekke en meer. Inspeksies het reeds begin en duur tot 30 November.