Boorkontrakteurs moet nou lisensies hêOctober 25, 2025
Boorkontrakteurs moet onder die Waterwet gelisensieer wees by die lynministerie. Die aanpassing is vanjaar in Augustus gepubliseer. Onder die aanpassing is daar kategorieë vir al die boorkontrakteurs sowel as in watter gebiede die kontrakteurs mag boor. As die publiek in die toekoms wil boorwerk laat doen moet hulle seker maak hulle gebruik gelisensieerde kontrakteurs. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunkdirekteur van die geohidrologiese departement, Sakeus Ihemba, gepraat.