Distrikshospitaal in Havana vorder fluksOctober 26, 2025

Die eerste fase van die Windhoek Distrikshospitaal in Havana is 40 persent voltooi en sal teen Desember vanjaar afgehandel wees, volgens finansminister Ericah Shafudah. Die koste van die hele projek het intussen na 3,2 miljard Namibiese dollar gestyg, op van die aanvanklike beraming van 2,9 miljard. Die hospitaal, wat oor 500 beddens gaan beskik, sal na verwagting in 2027 voltooi wees.