Zaamwani: Namibië moet klimaatsverandering vasvatOctober 26, 2025
Namibië is uiters blootgestel aan die gevolge van klimaatsverandering met landbou wat die ruggraat van die landelike ekonomie is, sê landbouminister Inge Zaamwani. In ‘n toespraak wat Saterdag ter viering van Wêreldvoedseldag namens Zaamwani in Kavango-Wes gelewer is, sê die minister die uitdagings van klimaatsverandering vereis daadwerklike en innoverende maatreëls, sterker vennootskappe en hernude toewyding om die weerstandigheid van die land se agri-voedselstelsels te verseker.