Dagga-plantasie in tuin in Grootfontein gevindOctober 27, 2025
‘n Intelligensie-operasie deur die polisie het vroeg Saterdagoggend tot die arrestasie van ‘n Namibiese vrou gelei nadat 90 daggaplante in haar tuin in die Otjituuo-area in die Grootfontein-distrik gevind is. Die vars daggaplante het saam meer as 15 kg geweeg. Meer as ‘n halwe kilogram los dagga is ook op die perseel gevind. Die totale waarde van die vonds is 158 440 Namibiese dollar.