Meisie, 3, oor die naweek verkragOctober 27, 2025
‘n Driejarige dogtertjie is Vrydagoggend vermoedelik deur ‘n 24-jarige man in die Oshikoto-streek verkrag terwyl haar ma hout gaan soek het. Die slagoffer is in die sorg van die verdagte en ouer kinders gelaat. Die dogtertjie het Vrydagaand begin huil toe haar ma haar gebad het en vertel wat gebeur het. Die kind is na die Onandjokwe-hospitaal geneem en verdagte is gearresteer.