Meisie, 3, verdrink in poel afvalwaterOctober 27, 2025

‘n Driejarige dogtertjie het Vrydagmiddag in Tseiblaagte op Keetmanshoop verdrink toe sy in poel afvalwater naby ‘n konstruksieperseel geval het terwyl sy met ‘n maatjie gespeel het. Die water het uit riooldreine in die omgewing gelek. Die kind se ma was besig met huiswerk. ‘n Buurvrou het die dogtertjie uit die water gehaal en haar in die taxi na die staatshospitaal op die dorp gehaas. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.