Twee Tanzaniërs, dwelms ter waarde van N$1,2m October 27, 2025
Twee Tanzaniërs is die naweek in afsonderlike voorvalle gearresteer ná hulle met kokaïen en dagga met die totale waarde van bykans 1,2 miljoen Namibiese dollar betrap is. Sondag het die polisie op ‘n huis in Doradopark in Windhoek toegeslaan en sowat 13,8 kg dagga, asook meer as 200 gram kokaïen, met die totale waarde van 842 750 dollar gekonfiskeer. ‘n Tanzaniese man van 39 jaar is in hegtenis geneem. Saterdagnag is ‘n 51-jarige Tanzaniese man by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja in hegtenis geneem toe bykans 6,7 kg dagga skunk ter waarde van 333 250 dollar in sy motor gevind is.