Witz Barbarians nuwe Ongos Valley Sewes-kampioeneOctober 27, 2025
Die Witz Barbarians, van Witzenberg in die Boland, is die nuwe Ongos Valley Sewes-kampioene nadat hulle Wanderers met 14-12 in die eindstryd verslaan het. Hulle het die trofee sowel as die wennersprys van 25 000 Namibiese dollar ontvang, terwyl Wanderers 18 500 dollar losgeslaan het. Grootfontein het derde gekom na hulle Kudus 33-22 in die bronsmedalje-wedstryd geklop het, en het 15 000 dollar verdien. Kudus het 12 500 dollar gekry. In die vroue-wedstryd het Wanderers Bokkies die Rehoboth Bokkies 10-0 geklop. Wanderers Bokkies het 10 000 dollar ontvang en Rehoboth Bokkies 7 500 dollar.