GRN hou hom besig met baie maar 40% het nie toilette nieOctober 28, 2025

Terwyl die regering hom besig hou met kernkragaanlegte en ander ambisieuse planne, het 40 persent van die land se huishoudings, meer as 756 000, geen toilette nie en ontlas steeds in die veld. Dit is volgens die 2023-sensusverslag wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die adjunk-lynminister Ruthy Masake sê die situasie bly die ergste in landelike gebiede en informele nedersettings. In die Zambezi-streek alleen het 77,5 persent van huishoudings geen toilette nie. Sy sê alhoewel die land beduidende vordering gemaak het in die voorsiening van drinkbare water aan huishoudings, kan dieselfde nie gesê word oor sanitasie nie.