Melissa se ‘katastrofiese’ winde binne ure in JamaikaOctober 28, 2025
Katastrofiese orkaan-krag winde sal Jamaika na verwagting binne die volgende paar uur bereik. Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum sê maksimum volgehoude winde van sowat 280km/h word verwag. Orkaan Melissa is nou sowat 85km van die eiland af, maar orkaankragwinde sal tot 45km van die middel gevoel word. Dit beweeg stadig teen net sowat 11km/h, en Jamaika kan soveel as 760mm bykomende reën en ‘n stormstuwing van sowat 3,9m ervaar, met aansienlike infrastruktuur-skade. Die sentrum verwag dat Melissa beide Jamaika en Kuba as ‘n uiters gevaarlike kategorie-5 orkaan sal tref.