Ngurare verjaar, Amushelelo sê hy’s ‘n leier met integriteitOctober 28, 2025

Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare vier sy 55ste verjaarsdag vandag. Ngurare het met sy politieke aktivisme in 1983 begin en die daaropvolgende jaar is Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gestig. In 2015 het die party se top vier leiers hom van sy pos as Swapo se jeugleier gedwing. In 2021 het hy weer sy debuut gemaak in die landbouministerie en in 2025 is hy aangestel as die eerste minister. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Amushelelo gepraat, politieke aktivis wat onder Ngurare se leierskap in die Swapo jeugliga opgekom het.