NNN oortree Grondwet om haarself as energieminister aan te stel  October 28, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah loop deur onder kritiek nadat sy haarself aangestel het as minister van energie na sy Natangwe Ithete afgedank het. Ingevolge die Grondwet kan sy dit nie doen nie. Die Namibiese Grondwet bepaal uitdruklik dat die kabinet sal bestaan uit die president, die eerste minister en ander ministers wat die president uit die lede van die Nasionale Vergadering mag aanstel. Ministers moet uit die lede van die Nasionale Vergadering aangestel word. Die president, hoewel sy deel is van die uitvoerende gesag, is sy nie ‘n sittende lid van die Nasionale Vergadering nie. Die Grondwet bepaal verder dat alle ministers verantwoordbaar is aan die president en die parlement. Dus, is Nandi-Ndaitwah nou verantwoordbaar aan haarself.