Orkaan Melissa wys haar tandeOctober 28, 2025

Amerika se Nasionale Orkaansentrum waarsku Orkaan Melissa wat Jamaika na verwagting vanmiddag bereik, sal rampspoedige en lewensbedreigende wind, oorstromings en stormstuwings veroorsaak. Die kategorie vyf-storm het reeds drie sterftes in Jamaika veroorsaak, en vier in Haïti en die Dominikaanse Republiek. ʼn Woordvoerder van die sentrum, Michael Brennan, sê hulle verwag ernstige skade en die verwoesting van skuilings, huise en ander geboue in die middelpunt van die storm. Waarskuwings is ook uitgereik vir Kuba en die suidooste van die Bahamas.