Trump sinspeel op derde termynOctober 28, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het nie die moontlikheid uitgesluit om ‘n derde termyn na te jaag nie, en gesê hy sal dit graag wil doen. Die Amerikaanse grondwet verbied presidente om vir drie termyne te dien. Trump het met verslaggewers gepraat op Air Force One tydens sy toer na Asië. Hy het die moontlikheid om in 2028 vir vise-president te staan verwerp, en gesê dit is te oulik en sal nie reg wees nie. Luister self.

Verlede week het die voormalige Trump-strateeg Steve Bannon gesê dat ‘n plan in plek is om die 79-jarige president nog ‘n termyn te verseker. Demokrate Kamala Harris en Gavin Newsom het ook gesinspeel daarop om deel te neem.