Zambezi-boere sukkel steeds met veediefstalOctober 28, 2025

Boere in die Liselo-Kamenga-gebied in Zambezi loop steeds deur onder veediefstal, veral oorgrens vanaf Zambië. Groot troppe bees word oorgrens gejaagen sedert 2022 is meer as 800 diere gesteel. Maar nou is daar ‘n nuwe probleem. Die diere wat wel gevind word, word nie gerepatrieer nie. Plaaslike berigte lui dat 23 diere onlangs gesteel is en 14 is gevind. Maar van die diere is nog net 11 die Namibiese grens bereik en is nog nie terugbesorg aan die eienaars nie. Daar is vertragings aan die Zambiese kant met die geregtelike proses wat vertraag word. Eienaars van die diere is intussen gestrand sonder skuiling, kos of water terwyl hulle vir die proses wag om voltooi te word.