Aarde se magnetiese veld verswak vinniger as verwagOctober 29, 2025
Wetenskaplikes het bevind dat die Aarde se magneties veld vinniger verswak as verwag. Satellietdata toon dat die Suid-Atlantiese Anomalie, ‘n swak gebied wat oor die Suid-Atlantiese Oseaan na Afrika strek, uitgebrei het tot ongeveer die helfte van die grootte van die Europese vasteland. Omdat die magnetiese veld die Aarde teen sonbestraling beskerm, loop satelliete wat deur hierdie sone beweeg groter risiko’s van bestralingsskade, dataverlies en kragonderbrekings. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement by Unam, gepraat.
Navorsers bestudeer nou of hierdie groeiende swak plek ‘n vroeë teken van ‘n groter magnetiese verskuiwing of selfs ‘n toekomstige poolomkering kan wees. Daar is geen onmiddellike bedreiging vir lewe op Aarde nie.