Banyana gaan Wafcon toeOctober 29, 2025
Banyana Banyana het hulle plek in die 2026 Afrikanasiesbeker vir Vroue bespreek nadat hulle die Demokratiese Republiek die Kongo in Soweto met 1-0 geklop het in die tweede deel van die kwalifiseerder. Die twee nasies se kragmeting in die eerste deel verlede week in Kinshasa, het gelykop geëindig met een elk. Thembi Kgatlana se doel in die tweede helfte het die oorwinning beklink en die span hul 15de Wafcon verseker. As Suid-Afrika die Wafcon-halfeindronde haal, is hul weg oop na die 2027 Wêreldbeker vir Vroue in Brasilië.